Tree vorentoe in diagnose van Alzheimer se siekte

Deur Elsabé Brits
19 Julie 2017


Navorsers kon een van die twee proteïene wat verbind word met Alzheimer se siekte in mense se bloed meet.  Dit is die eerstestap om ’n bloedtoets te ontwerp wat mense kan diagnoseer jare voordat hulle dié siekte ontwikkel.

Wanneer iemand Alzheimer se siekte het, is die brein oortrek met ’n taai “aanpaksel” van ’n proteïen bekend as amiloïed beta. Die ander eienskap is ’n warboel van die proteïen tau.

Nuwenavorsing wat bekend gemaak is op die internasionale konferensie van die Alzheimer-vereniging wat tans in Londengehou word, wys baie fyn toetse wat ontwikkel is aan die Washington-Universiteit in St. Louis in Amerika kan amiloïed beta in die bloed opspoor. Die enigste ander manier om dit tans op te spoor, is ’n duur PET-skandering of om vloeistof van die spinalekoord af te tap. En ook deurmiddel van ’n outopsie.

Volgens ’n verklaringraak die brein elke dag ontslae van amiloïed beta; sommige daarvan kom in die bloed voor en sommige in die spinalevloeistof. Maar as dit nie behoorlik uitgeskei word nie, klou dit vas aan die senuweeselle en kom daar skade in die brein.

Die nuwenavorsing het gebruik gemaak van massa-spektrometrie om dit in mense se bloed op te spoor. En hulle kon spore daarvan sien wat in die brein agtergebly het. Die volgende stap is om dit in ’n gewone bloedtoetste ontwikkel.

In ander navorsing van dieselfde universiteit is gesien die risiko om die siektete ontwikkel is groter as ’n mens nie goed slaap nie. Die brein het slaap nodig om van die tau-proteïene ontslae te raak en selfs na net ’n week se swak slaap bou dit in die brein op.